Professionele borduurwerk en digitalisering vir besighede, skole en individue.

By VARSGEPARS spesialiseer ons in hoëgehalte, pasgemaakte borduurwerk wat ‘n blywende indruk maak. Of jy nou ‘n besigheid, skool, organisasie of individu is – ons help jou om jou logo, naam of ontwerp professioneel en duursaam op klere en tekstiele aan te bring.

Borduurwerk is een van die netjiesste en mees volhoubare maniere om jou handelsmerk te bevorder. Dit gee ‘n premium voorkoms en is ideaal vir korporatiewe klere, uniforms, pette, sakke en geskenke.

Ons het ook internasionale digitaliseringskursus suksesvol voltooi. Dit stel ons in staat om jou logo of ontwerp professioneel te digitaliseer, sodat dit perfek voorberei is vir borduurwerk en die beste moontlike resultate lewer.

 

 

Hoe werk dit?

Ons proses is eenvoudig, duidelik en kliëntgefokus:

  1. Laai jou ontwerp op

Vul die vorm op hierdie bladsy in en laai jou logo of ontwerp saam met jou versoek op.

  1. Ontvang jou kwotasie

Ons evalueer die ontwerp en stuur ‘n kwotasie vir goedkeuring.

  1. Digitalisering en toets-uitstik

Na goedkeuring van die kwotasie digitaliseer ons die ontwerp en borduur ‘n toets-uitstik, sodat die uitleg en grootte nagegaan en goedgekeur kan word.

  1. Produksie

Sodra alles goedgekeur is, borduur ons jou ontwerp professioneel en met sorg op die gekose item(s).

Vir borduurwerk op ‘n T-hemp, klik hier

T-hemp

Vir borduurwerk op pette, klik hier

Pette

Voorbeelde van pasgemaakte borduurwerk