Gereelde Vrae
Waar is VARSGEPARS geleë?
Saffierstraat, Stokkiesdraai Park, Noord-Kaap, Orania, 8752
Moet ek die agtergrond van die foto verwyder?
Ja, tensy die volledige foto gedruk moet word.
Watter koerierdienste gebruik VARSGEPARS?
Ons maak gebruik van Courier Guy se koerierdienste.
Wat is DTF-drukwerk?
DTF, of Direct-to-Film-drukwerk, is ’n kledingversieringsmetode waar ’n ontwerp eers op ’n spesiale film gedruk word. Daarna word ’n warm-smelt kleefpoeier toegedien en uiteindelik word die ontwerp met hitte op die materiaal gepars. Hierdie proses maak dit moontlik om hoë-resolusie, volkleurbeelde op ’n wye verskeidenheid van materiale oor te dra, insluitend donkerkleurige materiale, katoen, poliëster en materiaalmengsels, sonder dat die materiaal vooraf behandel hoef te word.
Watter drukmetode word op T-hemde gebruik?
Ons maak gebruik van DTF-drukwerk (Direct to Film)
