Vir die klein meisie wat glo sy kan enigiets doen.
Die “Ek Kan Self” T-hemp is gemaak vir dogters met groot persoonlikhede, sterk willetjies en onafhanklike gees. Met haar speelse ontwerp en gemaklike pasvorm is hierdie hemp perfek vir alledaagse avonture, skoolvakansies, familiekuier of sommer net ’n dag vol pret.
Die ontwerp vier selfvertroue, vasbyt en daardie tipiese “Ek sal dit self doen”-houding wat elke klein meisie so uniek maak. Die hemp pas maklik by denim, rekbroeke, kortbroeke of rompies en bring ’n vrolike, selfstandige styl na enige uitrusting.
- Pasvorm: Unisex
- Materiaal: 100% katoen
- Gewig: 145 gsm
- Eienskappe: Liggewig en masjienwasbaar




Resensies
Daar is nog geen resensies nie.