DTF drukwerk – kunswerk riglyne & spesifikasies
Lees asseblief hierdie riglyne noukeurig voordat jy jou bestelling plaas. DTF (Direct to Film) drukwerk skep helder, volkleur ontwerpe wat met hitte op klere en materiaal oorgedra word. Ons druk presies wat jy indien, daarom is korrekte lêeropstelling baie belangrik vir die beste resultate.
Kunswerk spesifikasies
Oriëntasie
Laai jou ontwerp op presies soos jy dit wil laat druk. Moenie die ontwerp “flip” of “mirror” nie.
Grootte
Ontwerp jou lêer volgens dieselfde canvas-grootte as jou bestelling (A3, A4 of A5). Ons verander of herskaal nie kunswerk nie. Laat asseblief vir ons ’n moontlike 2–3 mm variasie in finale drukgrootte.
Agtergronde
Verwyder enige agtergrond wat jy nie wil laat druk nie. Enige sigbare agtergrond sal saam gedruk word.
Effekte & Deursigtigheid
“Drop shadows”, “gradients”, deursigtigheid, neon-, metaal- en “glow”-effekte druk nie altyd presies soos op die skerm nie. DTF gebruik standaard ink-kleure.
Lêer vereistes
Aanvaarde formate: PDF, JPG, PNG
Aanbevole resolusie: Minimum 300 DPI
Beste resultaat: Hoë kwaliteit PNG met deursigtige agtergrond
Lae kwaliteit of saamgeperste beelde sal in lae kwaliteit druk. Skermskote en vae fotos is nie geskik vir drukwerk nie.
Beeldkwaliteit & rand voorbereiding
DTF drukwerk reproduseer presies wat jy stuur. Maak seker:
-
Skoon, gladde rande sonder growwe lyne
-
Geen wit of dowwe “halo” rondom die ontwerp nie
-
Hoë resolusie met skerp detail
-
Teks wat leesbaar bly op finale drukgrootte
Agtergrond-verwyderings apps kan soms kwaliteit verminder of ongelyke rande laat. Hierdie foute is nie altyd op ’n selfoon sigbaar nie, maar word baie duidelik wanneer dit gedruk word.
Drukwerk maak nie reg nie:
-
Vae beelde
-
Dowwe beeldelemente (pixelated) rande
-
Growwe snylyne
-
Ontbrekende beeldelemente (pixels) of lae resolusie
Kleur vrywaring
Skermkleure kan verskil van die finale druk. RGB lêers word na CMYK omgeskakel vir drukwerk, wat kleurtone effens kan verander. Kontroleer jou kleure noukeurig voor jy oplaai, aangesien ons nie verantwoordelik is vir kleurverskille wat deur lêeropstelling of skerminstellings veroorsaak word nie.
Geskikte materiale
DTF drukwerk werk die beste op:
-
Katoen
-
Poliëster
-
Katoen/Poly mengsels
-
Ligte en donker klere
Hoe om te bestel
-
Stuur jou kunswerk lêer.
-
Kies jou grootte opsie (A3, A4 of A5).
-
Kontroleer spelling, grootte en kleure voor indiening.
Ons druk presies wat jy voorsien.
Belangrike RIGLYNE
-
Gebruik hoë resolusie kunswerk (minimum 300 DPI)
-
Dien skerp, duidelike ontwerpe met sterk kleure in
-
Kontroleer spelling, grammatika en afmetings
-
Maak seker rande is skoon en agtergronde is korrek verwyder
Algemene foute om te vermy
-
Stuur van skermskote of lae resolusie beelde
-
Oplaai van vae kunswerk
-
Gebruik van kopiereg- of handelsmerk ontwerpe sonder toestemming
-
Verwaging dat neon-, metaal- of glow-effekte presies sal druk
-
Ontwerpe met baie dun lyne of baie klein detail
Versorgings instruksies
Om jou drukwerk langer te laat hou:
-
Was binnekant na buite
-
Was in koue water
-
Moenie tuimeldroog nie
-
Moenie direk op die drukwerk stryk nie
Terugbetalings & omruilings
Alle pasgemaakte drukwerk is finale verkope en kwalifiseer nie vir terugbetalings of omruilings nadat dit gedruk is nie.
Deur kunswerk in te dien, bevestig jy dat jou lêer aan hierdie spesifikasies voldoen en gereed is vir druk.
Kort beskrywing van foto
Kort beskrywing van foto
Kort beskrywing van foto
