Ontdek ons Rooi protea-reeks – ’n elegante en tydlose versameling geïnspireer deur die ikoniese skoonheid van Suid-Afrika se nasionale blom. Met ‘n ryk rooi ondertoon en fyn detail bring hierdie ontwerpe ’n gevoel van warmte en karakter in enige ruimte.
Die reeks bestaan uit verskeie produkte wat perfek by mekaar pas, maar ook individueel aangekoop kan word. Ideaal as ’n betekenisvolle geskenk of om jou eie huis met ’n stylvolle, natuurlike aanslag te verruim.
- Koffiebeker: Keramiek – 325 ml
- Strooitjie-tumbler: Vlekvrye staal met dubbelwandige isolasie – 450 ml
- Kort tumbler: Vlekvrye staal met dubbelwandige isolasie – 450 ml
- Kaasbord (vierkantig): Hout met keramiekteël-insetsel – 21 x 31 x 26 cm
- Sleutelrak: Metaalraam met keramiekteël-insetsel – 23.5 x 22.5 x 1.4 cm
- Muismat (mouse pad): Rubber – 23 x 18.8 cm
























Resensies
Daar is nog geen resensies nie.